Steeds aan die gang 💯

Hello daar, Inloerders ❤️

Sjoe! En nog ‘n sjoe! Sjoe, wanneer laas het ek ‘n post gedoen?

Ek behoort my te skaam of myself te skop! Hoe dit ook al sy, dis lekker om weer in my eie persoonlike hoekie van die internet te kuier. En ek is bly vir enige iemand wat wil saam kuier en saam hekel. En ek weet almal is nog fris en gesond en reg vir wat 2024 ook-al na ons gooi of hoe?

Ja, ons hekel nog steeds. En ek het ‘n klompie patroontjies wat ek steeds wil deel, maar vir eers, deel ek wéér ‘n hartjie patroon. ‘n Mens kan nooit genoeg patrone vir hartjies hê nie. Glo my. Hoe meer, hoe beter. En as dit nog so tjop-tjop maklik en vinnig is soos myne, nog te beter!

Die drill is nog dieselfde. Die patrone en kiekies, is en bly die eiendom van alleycat. Jy mag dit hekel en gebruik soos jy wil. Jy mag egter nie die patroon claim as jou eie nie. Asseblief nie. Ons almal verstaan mos kopiereg en harde werk.

Dankie 😊

Kom ons hekel!

Jy benodig rooi wol en ‘n geskikte pen. Jy kan natuurlik ander kleure ook gebruik, maar rooi hartjies is soveel meer treffend.

Onder is, soos gewoonlik ‘n photo tutorial van die patroon. Ek het geel en ‘n nr5 pen gebruik sodat die steke meer duidelik is. Die kiekies is onderstebo want dit wys die rigting aan hoe jy hekel.

Ek hoop hierdie baie vinnige patroontjie het nie teleurgestel nie. Hekel sommer ‘n klomp en plaas dit op strategiese plekke waar diegene wat ‘n liftmeupper nodig het, dit sal vind. Tesame met ‘n bemoedigende boodskappie, is ek seker heelwat mense sal baat vind daarby.

Ek het hierdie post op my Tablet gedoen en moes heeltyd die Gremlins op ‘n afstand hou 😂 So, as daar enige iets is wat nie sin maak nie…

… There’s a crack in everything. That’s how the light gets in…” ‘Anthem’ deur Leonard Cohen.

Dankie vir die inloer, ons kuier weer in dieselfde hoekie.

Mooi loop, alleycat 🎈

Author: alleycatweb

writer,wife,mother,crafter

Leave a comment