Geluk aan my!

Hello daar,Inloerders !

Ek hoop dit gaan sommer klopdisselboom (gebruik mense nog die woord?) met elke Inloerder. Ek was w-e-k-e laas op my blog,maar weet julle,skielik was ek net so besig,dis freaking scary. Ek moet ‘n afspraak met myself maak vir ‘n bietjie hekeltyd. En die blog? Joe,ek het gedink elke post doen ek sommer woeps-waps klaar. Raai wat? G’n mens kan ‘n blogpost woeps-waps klaarmaak nie. Beslis nie die alleycat nie!

Maar gelukkig is ek besig met uiters konstruktiewe dinge en goeters. Regtig. Dit daar gelaat.

Augustus is ‘n baie spesiale maand vir my. Hoekom? Want hierdie maand,ek dink dis die 25ste,is my blog ‘n hele jaar oud. Nou,dis freaking scary. Ek het nie eens gedink ek gaan ooit sover kom met een post nie. Miskien,as ek myself verder opleer in die blogbesigheid,kan ek oor ‘n jaar of so,freebies gee vir my Inloerders. Lekker of hoe?

Intussen,baie dankie vir almal wat die jaar saam gedraf het,gelees het,geleer het,kommentaar gelewer het. Ja,dit was min,maar dit was genoeg. Ek is veral trots omdat iemand soos Tamara Kelly van moogly ook ingeloer het toe ek een van haar patroontjies (Die ster by Wish upon a star) gebruik het. Daar’s nou ‘n talentvolle vrou,hoor. As ek ooit eendag ‘n crafty Amerikaner ontmoet,moet dit sy wees.

Wel,daar vlieg die tyd alweer. Ek gaan sowaar niks beloftes maak oor ‘n volgende post en ‘n volgende patroon en ‘n volgende craft idee en ‘n volgende lekker reseppie nie. Nee,my lippe is gesnoer. Dis ‘n geval van wag en sien. En sien is glo!

Mooi loop,al julle mooi mense.

Tot ‘n volgende keer,

alleycat

Advertisements

Soptyd… onder andere

Hello,Inloerders,

dankie vir die inloer. Dis lekker om weer ‘n bietjie te gesels met elkeen van julle. Ek hoop almal is nog gesond genoeg en nie vol vrot verkoues nie. Anders sal dit maar ‘n aardigheid wees om creative te wees en te bak en brou en tekere te gaan.

Vandag wil ek kyk om so twee goeters met die post te doen. Eers ‘n reseppie,eintlik net ‘n ‘maak so en so.’ En dan ook  die patroon vir die ‘Sea Shawl.’ Die tjalie van Daughter Mine wat gemodelleer is deur uncle Teddy. Maar meer daaroor later. Eers die sopding.

Lekker sop is altyd welkom! En met die Winter wat uiteindelik kom oorbly het,kook ons soppies van ‘n kant af! Gewoonlik maak ek of boontjiesop of ertejiesop,soms mielies-en-boontjies. Ek weet dis nie veel van ‘n keuse nie,maar ek gaan jou waarborg jy sal nie lekkerder sop sommer gou elders kry nie. Regtig. Ek maak lekker sop.

In elk geval,anderdag waag ek my hand aan die sop-van-alle-soppe;groentesop,mos. En ek verras myself. Lekker,jong. L-e-kk-e-r.

So,hier is die reseppie.

Nota : Ek skryf neer soos ek die sop gemaak het,so lees maar eers regdeur. 

Kook ‘n pakkie gesplete ertjies (split peas) in genoeg water tot sag. (Ek weet regtig nie of ‘n mens dit gesplete ertjies noem in Afrikaans nie. Dit klink so freaky;soos ertjies met ‘n bad attitude.)

Sny ‘n klein ui en ‘n paar huisies knoffel,fyn en voeg by.

Skil so drie,vier middelslag aartappels,sny in blokkies,voeg by ertjiemengsel en laat saggies deurkook. Roer van tyd tot tyd.

Voeg gemengde groente (frozen veggies werk baie goed) by en kook tot sag en gaar (nie te pap nie!) Onthou om van tyd tot tyd lekker deur te roer.

Maak ‘n pakkie kitssop aan volgens die aanwysings en voeg by. Onthou om die plaat laer te stel. Laat deurkook tot sop verdik. Proe eers voor jy sout byvoeg,want die kitssop is reeds sout genoeg. Voeg gerus geurige speserye of gedroogde kruie by.

Indien verkies,voeg ‘n paar eetlepels gaar soya mince by en laat prut,baie saggies,tot etenstyd. Bedien warm met Spinasie-en-kaasrolletjies. (Kyk resep by die hofie ‘Mmm…kom ons eet eers iets…’ of kliek op link).

Geniet en laat ons weet hoe was dit!

O,ja,in my resepte-boekie wat al j-a-r-e aankom,val sop onder die hofie “Sop vir die Elders” (die Oues). En terwyl jy die sop vir die Oues maak,luister jy hul musiek,soos Dennis Brown,die Congo’s of Bob Andy. As jy nou nie die musiek naby het nie,daar’s altyd die crooners : Dean Martin,Frank Sinatra,Sammy Davis,jr ,Nat King Cole. Jy weet,daai manne wat nog actually op die stage gestaan en sing het.

Daar het ons lekker sop gemaak en dit geniet en nou strek die aand voor ons uit. Wat nou? Ah,ek weet wat. Trek gou-gou my hekelsak nader en terwyl ek begin werk,neurie ek Funny,how time slips away van Willy Nelson en dan weer Wheel in the Sky van Journey.

Soos ek genoem het,gee ek vandag sommer ook die patroon vir die ‘Sea Shawl’. Maar ek gebruik so ‘n skoolgrys kleur en weet julle aan wie laat dit my dink?

“There was no possibility of taking a walk that day.”

Jip. Dis hoe die hartseer lewe van Jane Eyre begin. Kort na hierdie sin,stuur haar tante haar na ‘n kosskool waar vaalgrys blykbaar die trend was. So,hier is ‘n gedeelte van my

Jane Eyre School Shawl

Nota : Hierdie is my eie patroon (behalwe die randjie). Jy’s welkom om die klaar item te verkoop,maar almal weet mos die patroon bly my eiendom. Ek sou ook graag wou dat Inloerders gerus van hul items aan ‘n uitreik-aksie van hul keuse skenk. Julle besluit,natuurlik.

IMG-20170524-WA0027
Daar’s jou benodighede;lekker min. Jou bol wol,maar jy gaan nog ‘n bol nodig kry (hang af hoe groot jy jou tjalie wil maak). ‘n Sker en twee hekelpenne,die bloue is ‘n nr 6 en die ander een ‘n nr 5.50

Kyk hoe slim het ek geword!

Foto 1 : Begin met nege (9) kettingsteke met enige een van jou penne.

Foto 2 : In die sewende steek van jou pen af,hekel jy een (1) langbeen,drie (3) kettingsteke en nog ‘n langbeen. Dis wat ek ‘n extended V-stitch noem,by gebrek-aan ‘n Afrikaanse terme. Slaan die vlg kettingsteek oor,in die laaste steek,doen jy dieselfde.

Foto 3 : Wys hoe jou twee extended V-stiches langs mekaar lyk.

Foto 4 : Na laaste steek,maak vyf (5) kettingsteke en draai.

Foto 5 : In jou eerste drie (3) kettingsteek spasie,maak jy ‘n extended V-stitch,ook in die volgende spasie en in die laaste spasie – dit is die spasie van jou vyf kettingsteke vir draai.

(Jammer dat die kiekies op hul sye is;behoort seker nie ‘n probleem te wees nie. Toe nie so slim nie,ha-ha!)

Foto 6 : Hier is ses rye met die nr 5.50 pen

Foto 7 : Vergelyk. Bo is ses rye met 5.50 en onder ses rye met nr 6. Vir die res van die projek,gebruik ek die nr 6,want die eindproduk gaan beter ‘drape’. Gebruik nr pen na aanleiding van woldikte en persoonlike smaak. Ek gebruik gewoonlik ‘n dikker pen omdat akriel neig om stram te wees. Vir my is katoen weer te pap. Soms meng ek die tipes,veral vir sakke.

Op hierdie patroon,gaan jy aan totdat jou tjalie so breed is soos jy verkies. Jy kan halfpad afend vir ‘n driehoek serp en tossels of fraaiings invoeg. So,die patroon loop so :

Jy maak ‘n extended V-stitch in elke drie kettingsteek spasie en in die vyf kettingsteek spasie aan die einde van ‘n ry.

Afwerking : Werk ‘n egalige ry kortbeentjies aan die bokant. Vir die twee kort sye,kan jy jou eie randjie hekel. Of,met die regte kant na jou,gebruik die 2de en 3de ry van

Green Dragonfly se ‘Lacy Crochet Edging’.

IMG-20170524-WA0000
Dit is hoe die randjie gaan lyk as jy thegreendragonfly se patroon gaan gebruik. Laat my weet as jy ‘n probleem het met die Amerikaanse termes. Gebruik die Sigeuner/Gypsy Flower pin om die tjalie voor vas te vang. (Kliek op link)

Wel,dis dit vir hierdie keer. Alweer ‘n mondvol. En weet julle wat,ek het heeltemal vergeet om ‘n kiekie te upload van ‘n lekker bord sop! Miskien volgende keer…

Ons gesels weer. Loer gerus in,

alleycat

 

 

 

Tyd vlieg…

… en hoe!

Hello daar,Inloerders.

Mensig,waar gaan die tyd heen? Die een oomblik was dit nog Valentynsdag -onthou julle ek het nog die Sigeuner-blom tutorial gehad?- en die volgende is dit Paasfees! En ek het sowaar niks tussenin gepost nie. Is dit nie alte erg nie? Maar nouja,ek het al genoem sommige goed doen ek in j-a-r-e. Toemaar,daar sal darem nie jare verbygaan tussen posts nie.

Ek hoop almal het ‘n goeie Paasfees gehad en hulle nie ooreet aan hotcross buns,kerrievis (die van julle wat dit geniet oor die tyd) en Paaseiers nie.

So,al wat nou wag,is Winter. Yay! Ek is mal oor die Winter. In die Winter,kan ek my serpe en hoede en tjalies en stewels dra. Meeste self gehekel. Dis die lekkerste van Winter vir my. Ek hoor graag watter seisoen is vir jou die lekkerste.

So,wat het ek dan nou gedoen wat soveel tyd in beslag geneem het?

Verlede Oktober/November het ek so ‘n paar hekelklasse aangebied by die Eco-sentrum by die Jan Maraispark. Die dames het geleer om blommetjies te hekel. Maar twee’tjies van hulle,het vasgesteek by kettingsteke. Geen probleem want vir ons overall project,het dit goed te pas gekom. Onder is ‘n paar kiekies van ons projekkie.

IMG-20170320-WA0002
So het ons begin. Vriendin Carol besig om ‘paaie’ af te meet met die beroemde kettingsteke! 🙂. Lyk nog nie na veel nie of hoe?
IMG-20170320-WA0004
Twee huisies,elkeen op sy eie plot! As jy mooi kyk,sal jy ‘n boompie sien  by die verste huisie.
IMG-20170320-WA0006
So kan jy mooi sien hoe het ons die blommetjies gebruik. En natuurlik,die kettingsteke! Dis waarmee ons ons prent ‘geteken’ het. Daardie seekat-tentakels voor,is al die stringe kettingsteke.
IMG-20170320-WA0010
Ons het twee soorte huisies gemaak;’n spitsdak en ‘n platdak. By elke huisie,is ‘n rooi hart ingevoeg. Oral is daar liefde. Of jy in ‘n huis bly met ‘n ‘loft’ of nie.
IMG-20170323-WA0009
Ekstras is bygevoeg,soos die katjie op die dak,’n potplant teen die muur…
IMG-20170323-WA0011
… en pampoene opi dak!

Voorts het ons klein tosseltjies aangebring asook op elke plot ‘n woord ‘geskryf’,met die kettings,nl. HOPE,JOY,PEACE EN LOVE. Die hele prent is uiteen gesit op ‘n stuk goiing,vas gestik op ‘n stuk calico. So lyk ons voltooide prent :

IMG-20170418-WA0002
Ag,skuus,ek het vergeet om vooraf die kiekie te rotate! Daar steek ‘n stukkie van my gehekelde kombers uit. Ek het kortbeen panele afgewissel met kruissteek panele. (Loer gerus in by Hoe om die kruissteek te hekel) . Aan die anderkant,is net so ‘n stukkie’tjie van my Gypsy-bag sigbaar. Een deel van die patroon,is van Bev’s Country Cottage

En lyk my die duwweltjies is weer wyd en syd gestrooi oor die post! Lyk my nie ek is al so handig soos ek my verbeel met die blog-storie nie!! Please,just grin and bear and enjoy all the creative juices flowing around. Laat my asseblief weet wat julle dink van ons prent. Laat weet sommer of julle nou al so begeesterd is dat julle self so iets gaan aanpak. Voorspoed dan! Onthou om goeie materiaalgom te gebruik en jou items moenie te swaar wees nie. Besluit vooraf oor jou tema. Dit help wanneer jy jou materiaal gaan koop;klein,groot,net-net genoeg of sommer groot genoeg vir ‘n sitkamermat!!

Die blomme is gehekel volgens patroontjies wat jy op tientalle webtuistes sal vind. Ek sal die regte adres op ‘n later stadium invoeg. Die oulike boompie is volgens ‘n patroon van die talentvolle Joanita by creative crochet workshop se My crochet dollhouse Part seven. Laat ook weet as jy probleme het met die skakels. (Ek leer ook nog!).

Julle,dit was ‘n mondvol (duwweltjies en al!!),maar lekker. Lekker om te chat,lekker om te deel.

Vandag neurie ek ‘You are my sunshine…’

Loer gerus weer in vir ‘n dit-en-dat,

alleycat

Oeps…

Hi daar,julle

Baie jammer,maar blykbaar het ek ‘n stap uitgelaat by my Sigeneur blom tutorial. Groot ekskuus,hoor? Dis al daai duwweltjies!

Maar kom ons stel dit gou reg :

win_20170208_10_57_08_pro
Net voor hierdie stap,het jy mos die vyf lussies (spasies). So,in jou eerste lus,doen jy die volgende : 1 kortbeen / 1 halwe langbeen / 1 langbeen / 1 dubbellangbeen / 2 kettingsteke / 1 dubbellangbeen / 1 langbeen / 1 halwe langbeen / 1 kortbeen. Alles in een lus. Dis jou eerste blomblaar (petal).  Na jou laaste kortbeen,maak jy nog ‘n kortbeen in die kortbeen van ry een. Herhaal tot by laaste lus en maak ‘n glipsteek in vlg kortbeen. Daar moet vyf blomblare wees.
win_20170208_11_01_15_pro
So gaan jou blom dan lyk. Nou is jy reg om met die vlg stap te begin.

Hoop dis nie te verwarrend nie. Weereens baie jammer oor die duwweltjies wat my posts so deurmekaar krap. Maar ek weet mos my Inloerders is lekker skerp. Hulle het l-a-n-k-a-l uitgefigure wat kom volgende.

Ons praat weer. Loer gerus in,

alleycat

Sigeneur blom (Gypsy flower)

Hello elke Inloerder!

Februariemaand is hier en kyk hoe vrolik,vriendelik,sommer verlief is almal! Is dit nie alte fraai nie? Ek dink so,dis hoekom ek vandag ‘n vrolike hekelprojekkie het. Hierdie projekkie kan jy sommer in etensuur doen -hoop dit werk vir jou,Catharina 😊!

Ek noem dit Sigeneur blom omdat jy dit in vrolike kleure kan doen. Maar my voorbeelde is in pastels.

Nota : Hierdie is my eie patroon en my eie idee. Jy’s vry en meer as welkom om dit te maak en jou klaargemaakte item te verkwansel of wat-ook-al. Ons almal weet mos patrone behoort aan die skepper daarvan en ons respekteer dit. Dankie!

Sigeneur blom tutorial :

win_20170208_10_51_57_pro
Agter is ‘n klaargemaakte blom. Daarnaas oorskiet wol,verskillende grotes hekelpenne en ‘n speldjie soos gebruik vir borsspelde. Jy sal ook ‘n kraal,’n klein bietjie ekstra wol en ‘n stopnaald nodig kry. 
win_20170208_10_54_57_pro
 Met jou dikste pen,begin met vyf (5) kettingsteke. Glipsteek in eerste ketting om ‘n ring te vorm. (Ek het ‘n nr 5.5 gebruik met Charity)
win_20170208_10_56_18_pro
Hekel weer vyf (5) kettingsteke en maak ‘n kortbeentjie in die ring. Dis jou eerste lus. Maak nog vier sulke lusse sodat daar vyf is.  Glipsteek in eerste kb (kortbeen) na laaste lus. Kyk foto.

win_20170208_10_57_40_pro

 

 

 

 

 

 

win_20170208_11_01_15_pro
So gaan jou blom sover lyk. Daar moet vyf blomblare (petals) wees.

 

win_20170208_11_08_00_pro
Na laaste kortbeen,hekel vyf (5) kettingsteke en maak ‘n kortbeen in die eerste twee kettingsteek-spasie lus. Hekel nog vyf kettingsteke en maak ‘n kortbeen tussen die blomblare (petals). Herhaal rondom,kortbeen in eerste kortbeen.

Herhaal dieselfde prosedure,maar by elke blomblaar punt,hekel ‘n picot (drie kettingsteke,glipsteek,drie ketingsteke;alles in dieselfde spasie) Kyk foto.

win_20170208_11_10_20_pro
Met jou kleinste nr (myne was nr 4,ook met Charity) pen,gebruik jou volgende kleur en hekel presies dieselfde blom.  
win_20170208_11_17_25_pro
Jy sal sien dit pas pragtig op mekaar en as die kleure mekaar komplimenteer,maak jou reg vir baie ‘oe’s-en-ah’s,waar kry jy dit?’ 
win_20170208_11_20_33_pro
Neem nou jou derde kleur en hekel ‘n baadjie vir jou kraal. Dit doen jy deur so ses kettingsteke te maak en vyf rytjies kortbeen te hekel. Onthou om lang stukke wol te los;dis vir vaswerk.
win_20170208_11_26_46_pro
So gaan jou kraal lyk. Oulik of hoe? (Hier’s nie foto’s van elke stap nie,want ek weet my Inloerders is skerp.) 
win_20170208_11_30_06_pro
Plaas jou kraal mooi netjies bo-op die dubbel blom. Gebruik ‘n hekelpen en trek altwee drade na onder. Sien foto. Gebruik die drade om jou speldjie so stewig as moontlik vas te werk. Werk alle los drade netjies weg en moenie panic as dit bietjie krul nie. Dis waar die charm van die blom is.
win_20170208_11_39_21_pro
Hier’s twee voorbeelde van verskillende kleur blomme.
win_20170208_11_53_06_pro
Hier’s nog ‘n voorbeeld. Die blom word gebruik om die punte van Daughter Mine se tjalie vas te hou.
win_20170208_11_55_07_pro
Hier vertoon uncle Teddy so ‘n stukkie van die tjalie. Ek noem dit Sea Shawl en op ‘n volgende keer,verskaf ek die verspot maklike patroontjie.

Dit was nou maklik of hoe? ‘n Sigeneur blom,net betyds om op daai aller belangrikste afspraak te dra! En as daai afspraak,14 Februarie is,hekel dit in rooi en wit. En as jy ‘n pienk meisie is,rooi en pienk werk ook. Regtig!

Baie dankie vir die inloer. Dit was ‘n lekker kuier. Vandag neurie ek Elvis Presley se ‘The Wonder of you.’

Loer gerus weer in en laat weet hoe vorder die bak en brou en hekelprojekkies.

alleycat

Duwweltjies sal daar wees! Ha-ha…

‘n Slaaitjie vir die Somer

Hello daar!

Is ek bly om weer ‘n blogpost te doen!.Regtig! Ek het skoons ontrekkings simptome begin kry. Dis eintlik maar diesellle ou storie : Internet daar,alleycat hier. En dis so nie snaaks nie 😄. Maar op een of ander manier kry ek altyd ‘n post in. Hopelik is die konneksie-probleem gou-gou iets van die verlede. Intussen gesels ons lekker en kry al ons kreatiewe skroewe en moere ge-olie en in rat.

Aan die opskrif,kan julle sien dat ons vandag weer ‘n ietsie eet. ‘n Slaaitjie wat sommer tjop-tjop aanmekaar gesit kan word. Want hier by ons,is dit nog al die pad Somer! Die wind waai ‘n barshou,die wolke drom saam (dis nou op Stellenbosch) en die druppels val so rus-rus,maar Somer is dit nog steeds.

En in die Somer,is daar nie eetlus vir enige iets warm,taai of selfs sout nie,aldus Daughter Mine. Toe gaan loer alleycat maar in haar befaamde,ongepubliseerde resepte-boekie en besluit om die een vir Beetblokkies met almal te deel.

Beetblokkies

Luister   na Can’t pop no style on I – Hugh Mundell

 

Beet laat ons almal dink aan ons kinderjare. Toe is die beet gerasper, gemeng met fyn
(baie fyn) gesnyde ui en ‘n sous van asyn,suiker,sout en peper. En ma’s het nagmerries gekry oor witte-witte tafeldoeke vol beetkolle!

Vandag eet ons beet op ‘n ander manier.

Jy benodig :

‘n Paar knolle beet (gaar /geskil)

Sout / Peper

So maak jy (1) :

 

-Sny die beet in happie-grote blokkies in’n vlak bak. (‘n mooi bak )

-Maal sout en peper oor

-Versier met pietersielie of ’n ander groenigheidjie

-Bedien by kamertemperatuur

-Enjoy!

So maak jy (2) :

-Sny die beet in happie-grote blokkies in’n vlak bak (‘n nog mooier bak )

-Sny ’n paar repies Camenbert-kaas en hou eenkant

-Sny nou ‘n ryp,maar ferm advokado-peer in blokkies

-Voeg die kaas en vrug by die beet en meng liggies

-Maal sout en peper oor en sprinkel ‘n blerts suurlemoensap oor

-Versier met pietersielie of ‘n ander groenigheidjie

-Bedien by kamertemperatuur

-Enjoy!

Tip : Vir die tweede weergawe,moet jy liefs net genoeg maak vir die ete. 

Hierdie slaaitjie is lekkerder as wat jy dink dit sou wees,hoor! Probeer gerus neute

byvoeg;ek  dink dit sal daardie ietsie andersheid versterk.

Ek het ook weer ‘n song bygesit wat jy kan luister of neurie terwyl jy jou inner masterchef

ontdek! Maar natuurlik,luister net wat jy wil en laat my weet.

Vandag neurie ek  sommer rond-en-bont,van Rebecca St. James tot by Vader Jakob.

Dankie vir die inloer,ons gesels weer

alleycat

(Verskoon maar die ou duwweltjies in die post. Sonder hulle,sal die ou lewe baie eentonig wees!)

Die nuwe jaar in

Hello daar,

hmm,ek sien ek was baie lui die afgelope tyd. Wel,dis ‘n nuwe jaar en ek’s terug. Eers net vir elke Inloerder ‘n kreatiewe 2017 toewens. Kom ons kyk deur ‘n kreatiewe bril na ons omgewing. Ons sien ‘n kunswerk in klein dingetjies en word so begeesterd dat ons net wil skep! Kom ons maak ons hande tools om mooi goed te maak. En sover ek kan,verskaf ek ‘n idee of ‘n inspirasie. 2017 gaan ‘n goeie jaar wees.

Vandag neurie ek Crowded House se World where you live. 

Dankie vir inloer,

alleycat