Soptyd… onder andere

Hello,Inloerders,

dankie vir die inloer. Dis lekker om weer ‘n bietjie te gesels met elkeen van julle. Ek hoop almal is nog gesond genoeg en nie vol vrot verkoues nie. Anders sal dit maar ‘n aardigheid wees om creative te wees en te bak en brou en tekere te gaan.

Vandag wil ek kyk om so twee goeters met die post te doen. Eers ‘n reseppie,eintlik net ‘n ‘maak so en so.’ En dan ook  die patroon vir die ‘Sea Shawl.’ Die tjalie van Daughter Mine wat gemodelleer is deur uncle Teddy. Maar meer daaroor later. Eers die sopding.

Lekker sop is altyd welkom! En met die Winter wat uiteindelik kom oorbly het,kook ons soppies van ‘n kant af! Gewoonlik maak ek of boontjiesop of ertejiesop,soms mielies-en-boontjies. Ek weet dis nie veel van ‘n keuse nie,maar ek gaan jou waarborg jy sal nie lekkerder sop sommer gou elders kry nie. Regtig. Ek maak lekker sop.

In elk geval,anderdag waag ek my hand aan die sop-van-alle-soppe;groentesop,mos. En ek verras myself. Lekker,jong. L-e-kk-e-r.

So,hier is die reseppie.

Nota : Ek skryf neer soos ek die sop gemaak het,so lees maar eers regdeur. 

Kook ‘n pakkie gesplete ertjies (split peas) in genoeg water tot sag. (Ek weet regtig nie of ‘n mens dit gesplete ertjies noem in Afrikaans nie. Dit klink so freaky;soos ertjies met ‘n bad attitude.)

Sny ‘n klein ui en ‘n paar huisies knoffel,fyn en voeg by.

Skil so drie,vier middelslag aartappels,sny in blokkies,voeg by ertjiemengsel en laat saggies deurkook. Roer van tyd tot tyd.

Voeg gemengde groente (frozen veggies werk baie goed) by en kook tot sag en gaar (nie te pap nie!) Onthou om van tyd tot tyd lekker deur te roer.

Maak ‘n pakkie kitssop aan volgens die aanwysings en voeg by. Onthou om die plaat laer te stel. Laat deurkook tot sop verdik. Proe eers voor jy sout byvoeg,want die kitssop is reeds sout genoeg. Voeg gerus geurige speserye of gedroogde kruie by.

Indien verkies,voeg ‘n paar eetlepels gaar soya mince by en laat prut,baie saggies,tot etenstyd. Bedien warm met Spinasie-en-kaasrolletjies. (Kyk resep by die hofie ‘Mmm…kom ons eet eers iets…’ of kliek op link).

Geniet en laat ons weet hoe was dit!

O,ja,in my resepte-boekie wat al j-a-r-e aankom,val sop onder die hofie “Sop vir die Elders” (die Oues). En terwyl jy die sop vir die Oues maak,luister jy hul musiek,soos Dennis Brown,die Congo’s of Bob Andy. As jy nou nie die musiek naby het nie,daar’s altyd die crooners : Dean Martin,Frank Sinatra,Sammy Davis,jr ,Nat King Cole. Jy weet,daai manne wat nog actually op die stage gestaan en sing het.

Daar het ons lekker sop gemaak en dit geniet en nou strek die aand voor ons uit. Wat nou? Ah,ek weet wat. Trek gou-gou my hekelsak nader en terwyl ek begin werk,neurie ek Funny,how time slips away van Willy Nelson en dan weer Wheel in the Sky van Journey.

Soos ek genoem het,gee ek vandag sommer ook die patroon vir die ‘Sea Shawl’. Maar ek gebruik so ‘n skoolgrys kleur en weet julle aan wie laat dit my dink?

“There was no possibility of taking a walk that day.”

Jip. Dis hoe die hartseer lewe van Jane Eyre begin. Kort na hierdie sin,stuur haar tante haar na ‘n kosskool waar vaalgrys blykbaar die trend was. So,hier is ‘n gedeelte van my

Jane Eyre School Shawl

Nota : Hierdie is my eie patroon (behalwe die randjie). Jy’s welkom om die klaar item te verkoop,maar almal weet mos die patroon bly my eiendom. Ek sou ook graag wou dat Inloerders gerus van hul items aan ‘n uitreik-aksie van hul keuse skenk. Julle besluit,natuurlik.

IMG-20170524-WA0027
Daar’s jou benodighede;lekker min. Jou bol wol,maar jy gaan nog ‘n bol nodig kry (hang af hoe groot jy jou tjalie wil maak). ‘n Sker en twee hekelpenne,die bloue is ‘n nr 6 en die ander een ‘n nr 5.50

Kyk hoe slim het ek geword!

Foto 1 : Begin met nege (9) kettingsteke met enige een van jou penne.

Foto 2 : In die sewende steek van jou pen af,hekel jy een (1) langbeen,drie (3) kettingsteke en nog ‘n langbeen. Dis wat ek ‘n extended V-stitch noem,by gebrek-aan ‘n Afrikaanse terme. Slaan die vlg kettingsteek oor,in die laaste steek,doen jy dieselfde.

Foto 3 : Wys hoe jou twee extended V-stiches langs mekaar lyk.

Foto 4 : Na laaste steek,maak vyf (5) kettingsteke en draai.

Foto 5 : In jou eerste drie (3) kettingsteek spasie,maak jy ‘n extended V-stitch,ook in die volgende spasie en in die laaste spasie – dit is die spasie van jou vyf kettingsteke vir draai.

(Jammer dat die kiekies op hul sye is;behoort seker nie ‘n probleem te wees nie. Toe nie so slim nie,ha-ha!)

Foto 6 : Hier is ses rye met die nr 5.50 pen

Foto 7 : Vergelyk. Bo is ses rye met 5.50 en onder ses rye met nr 6. Vir die res van die projek,gebruik ek die nr 6,want die eindproduk gaan beter ‘drape’. Gebruik nr pen na aanleiding van woldikte en persoonlike smaak. Ek gebruik gewoonlik ‘n dikker pen omdat akriel neig om stram te wees. Vir my is katoen weer te pap. Soms meng ek die tipes,veral vir sakke.

Op hierdie patroon,gaan jy aan totdat jou tjalie so breed is soos jy verkies. Jy kan halfpad afend vir ‘n driehoek serp en tossels of fraaiings invoeg. So,die patroon loop so :

Jy maak ‘n extended V-stitch in elke drie kettingsteek spasie en in die vyf kettingsteek spasie aan die einde van ‘n ry.

Afwerking : Werk ‘n egalige ry kortbeentjies aan die bokant. Vir die twee kort sye,kan jy jou eie randjie hekel. Of,met die regte kant na jou,gebruik die 2de en 3de ry van

Green Dragonfly se ‘Lacy Crochet Edging’.

IMG-20170524-WA0000
Dit is hoe die randjie gaan lyk as jy thegreendragonfly se patroon gaan gebruik. Laat my weet as jy ‘n probleem het met die Amerikaanse termes. Gebruik die Sigeuner/Gypsy Flower pin om die tjalie voor vas te vang. (Kliek op link)

Wel,dis dit vir hierdie keer. Alweer ‘n mondvol. En weet julle wat,ek het heeltemal vergeet om ‘n kiekie te upload van ‘n lekker bord sop! Miskien volgende keer…

Ons gesels weer. Loer gerus in,

alleycat

 

 

 

Advertisements

Author: alleycatweb

writer,wife,mother,crafter

2 thoughts on “Soptyd… onder andere”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s