Tyd vlieg…

… en hoe!

Hello daar,Inloerders.

Mensig,waar gaan die tyd heen? Die een oomblik was dit nog Valentynsdag -onthou julle ek het nog die Sigeuner-blom tutorial gehad?- en die volgende is dit Paasfees! En ek het sowaar niks tussenin gepost nie. Is dit nie alte erg nie? Maar nouja,ek het al genoem sommige goed doen ek in j-a-r-e. Toemaar,daar sal darem nie jare verbygaan tussen posts nie.

Ek hoop almal het ‘n goeie Paasfees gehad en hulle nie ooreet aan hotcross buns,kerrievis (die van julle wat dit geniet oor die tyd) en Paaseiers nie.

So,al wat nou wag,is Winter. Yay! Ek is mal oor die Winter. In die Winter,kan ek my serpe en hoede en tjalies en stewels dra. Meeste self gehekel. Dis die lekkerste van Winter vir my. Ek hoor graag watter seisoen is vir jou die lekkerste.

So,wat het ek dan nou gedoen wat soveel tyd in beslag geneem het?

Verlede Oktober/November het ek so ‘n paar hekelklasse aangebied by die Eco-sentrum by die Jan Maraispark. Die dames het geleer om blommetjies te hekel. Maar twee’tjies van hulle,het vasgesteek by kettingsteke. Geen probleem want vir ons overall project,het dit goed te pas gekom. Onder is ‘n paar kiekies van ons projekkie.

IMG-20170320-WA0002
So het ons begin. Vriendin Carol besig om ‘paaie’ af te meet met die beroemde kettingsteke! 🙂. Lyk nog nie na veel nie of hoe?
IMG-20170320-WA0004
Twee huisies,elkeen op sy eie plot! As jy mooi kyk,sal jy ‘n boompie sien  by die verste huisie.
IMG-20170320-WA0006
So kan jy mooi sien hoe het ons die blommetjies gebruik. En natuurlik,die kettingsteke! Dis waarmee ons ons prent ‘geteken’ het. Daardie seekat-tentakels voor,is al die stringe kettingsteke.
IMG-20170320-WA0010
Ons het twee soorte huisies gemaak;’n spitsdak en ‘n platdak. By elke huisie,is ‘n rooi hart ingevoeg. Oral is daar liefde. Of jy in ‘n huis bly met ‘n ‘loft’ of nie.
IMG-20170323-WA0009
Ekstras is bygevoeg,soos die katjie op die dak,’n potplant teen die muur…
IMG-20170323-WA0011
… en pampoene opi dak!

Voorts het ons klein tosseltjies aangebring asook op elke plot ‘n woord ‘geskryf’,met die kettings,nl. HOPE,JOY,PEACE EN LOVE. Die hele prent is uiteen gesit op ‘n stuk goiing,vas gestik op ‘n stuk calico. So lyk ons voltooide prent :

IMG-20170418-WA0002
Ag,skuus,ek het vergeet om vooraf die kiekie te rotate! Daar steek ‘n stukkie van my gehekelde kombers uit. Ek het kortbeen panele afgewissel met kruissteek panele. (Loer gerus in by Hoe om die kruissteek te hekel) . Aan die anderkant,is net so ‘n stukkie’tjie van my Gypsy-bag sigbaar. Een deel van die patroon,is van Bev’s Country Cottage

En lyk my die duwweltjies is weer wyd en syd gestrooi oor die post! Lyk my nie ek is al so handig soos ek my verbeel met die blog-storie nie!! Please,just grin and bear and enjoy all the creative juices flowing around. Laat my asseblief weet wat julle dink van ons prent. Laat weet sommer of julle nou al so begeesterd is dat julle self so iets gaan aanpak. Voorspoed dan! Onthou om goeie materiaalgom te gebruik en jou items moenie te swaar wees nie. Besluit vooraf oor jou tema. Dit help wanneer jy jou materiaal gaan koop;klein,groot,net-net genoeg of sommer groot genoeg vir ‘n sitkamermat!!

Die blomme is gehekel volgens patroontjies wat jy op tientalle webtuistes sal vind. Ek sal die regte adres op ‘n later stadium invoeg. Die oulike boompie is volgens ‘n patroon van die talentvolle Joanita by creative crochet workshop se My crochet dollhouse Part seven. Laat ook weet as jy probleme het met die skakels. (Ek leer ook nog!).

Julle,dit was ‘n mondvol (duwweltjies en al!!),maar lekker. Lekker om te chat,lekker om te deel.

Vandag neurie ek ‘You are my sunshine…’

Loer gerus weer in vir ‘n dit-en-dat,

alleycat

Advertisements

Author: alleycatweb

writer,wife,mother,crafter

4 thoughts on “Tyd vlieg…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s