‘n Slaaitjie vir die Somer

Hello daar!

Is ek bly om weer ‘n blogpost te doen!.Regtig! Ek het skoons ontrekkings simptome begin kry. Dis eintlik maar diesellle ou storie : Internet daar,alleycat hier. En dis so nie snaaks nie 😄. Maar op een of ander manier kry ek altyd ‘n post in. Hopelik is die konneksie-probleem gou-gou iets van die verlede. Intussen gesels ons lekker en kry al ons kreatiewe skroewe en moere ge-olie en in rat.

Aan die opskrif,kan julle sien dat ons vandag weer ‘n ietsie eet. ‘n Slaaitjie wat sommer tjop-tjop aanmekaar gesit kan word. Want hier by ons,is dit nog al die pad Somer! Die wind waai ‘n barshou,die wolke drom saam (dis nou op Stellenbosch) en die druppels val so rus-rus,maar Somer is dit nog steeds.

En in die Somer,is daar nie eetlus vir enige iets warm,taai of selfs sout nie,aldus Daughter Mine. Toe gaan loer alleycat maar in haar befaamde,ongepubliseerde resepte-boekie en besluit om die een vir Beetblokkies met almal te deel.

Beetblokkies

Luister   na Can’t pop no style on I – Hugh Mundell

 

Beet laat ons almal dink aan ons kinderjare. Toe is die beet gerasper, gemeng met fyn
(baie fyn) gesnyde ui en ‘n sous van asyn,suiker,sout en peper. En ma’s het nagmerries gekry oor witte-witte tafeldoeke vol beetkolle!

Vandag eet ons beet op ‘n ander manier.

Jy benodig :

‘n Paar knolle beet (gaar /geskil)

Sout / Peper

So maak jy (1) :

 

-Sny die beet in happie-grote blokkies in’n vlak bak. (‘n mooi bak )

-Maal sout en peper oor

-Versier met pietersielie of ’n ander groenigheidjie

-Bedien by kamertemperatuur

-Enjoy!

So maak jy (2) :

-Sny die beet in happie-grote blokkies in’n vlak bak (‘n nog mooier bak )

-Sny ’n paar repies Camenbert-kaas en hou eenkant

-Sny nou ‘n ryp,maar ferm advokado-peer in blokkies

-Voeg die kaas en vrug by die beet en meng liggies

-Maal sout en peper oor en sprinkel ‘n blerts suurlemoensap oor

-Versier met pietersielie of ‘n ander groenigheidjie

-Bedien by kamertemperatuur

-Enjoy!

Tip : Vir die tweede weergawe,moet jy liefs net genoeg maak vir die ete. 

Hierdie slaaitjie is lekkerder as wat jy dink dit sou wees,hoor! Probeer gerus neute

byvoeg;ek  dink dit sal daardie ietsie andersheid versterk.

Ek het ook weer ‘n song bygesit wat jy kan luister of neurie terwyl jy jou inner masterchef

ontdek! Maar natuurlik,luister net wat jy wil en laat my weet.

Vandag neurie ek  sommer rond-en-bont,van Rebecca St. James tot by Vader Jakob.

Dankie vir die inloer,ons gesels weer

alleycat

(Verskoon maar die ou duwweltjies in die post. Sonder hulle,sal die ou lewe baie eentonig wees!)

Advertisements

Author: alleycatweb

writer,wife,mother,crafter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s