Wish upon a star

Hello daar !

Bly gerus en kyk wat vang alleycat vandag aan.

In blogland is dit nie altyd moontlik om gereeld iets te post nie. Ek verkies om nie blogposts op geskeduleerde tye te plaas nie. Dis darem baie presies in die boks lewe of hoe?

Die vorige keer,het ek genoem dat ons die Wish upon a star decoration gaan doen. Dis ‘n verspot maklike craft met baie min benodighede. Miskien het ek die vorige keer een of twee dinge uitgelaat,maar dis items wat jy in  elk geval het.

Die Wish upon a star is ‘n bewertjie (mobile) wat die beste vertoon by ‘n venster. Jy kan dit so vrolik maak soos jy wil veral as dit in kinderkamers gehang word. Jy kan selfs die poppie los en net sterre hang

Sal ons begin? Mooi so.

wish-upon-a-star
So lyk ‘n voltooide Wish upon a star hanger (decoration)

 

 

 

 

 

 

 

 

win_20161207_10_27_13_pro
(Onthou,ek gee nie presiese mates en hoeveelhede nie. Eksperimenteer met soorte wolle en grotes penne,Etc.) Op die kiekie,is daar oorskiet wol,hekelgare,glinstergom,’n paar nr 4 breipenne en ‘n nr 5 en nr 3.50 hekelpenne en natuurlik jou make-shift hoepel!
win_20161206_14_17_01_pro
 Gebruik jou wol dubbel en met jou nr 5 pen begin deur al rondom jou plasiekhoepel (uitgeknip uit ‘n vyf liter kan of ‘n ou borduurring) kortbeentjies te hekel. So veel as moontlik,so stewig as moontlik. Maak seker dat daar nie enige plasiek uitsteek nie.  Los ‘n lang stuk wol na die laaste steek. Die bewertjie gaan daaraan hang. Werk enige los drade netjies weg.
win_20161206_15_21_11_pro
So sal dit lyk as dit reg rondom gehekel is (Ek het reeds ‘n paar klaar gehekeldes;dis hoekom hierdie een pers en wit is)
win_20161206_15_27_20_pro
Volgende maak ons die oulike poppie. Jy kan jou eie patroontjie gebruik,maar ek het hierdie een gebrei volgens die patroon van Holly Marie Knits Petite Dolls. Hulle is te ougat! (My girltjie lyk bietjie deurmekaar,want sy moes baie vinnig uit Poppeland na blogland kom en Daughter Mine was glad nie te gelukkig nie!)
win_20161206_15_50_41_pro
Dan gebruik jy jou hekelgare en 3.5 pen om hierdie sterretjie te hekel. Vir ekstra effek het ek glinstergom op die punte en in die middel gebruik. Jy kan jou eie ster hekel,maar ek het myne gehekel vlgs ‘n patroontjie van Moogly Glittery crochet stars in 2 rounds
win_20161206_15_54_56_pro
Neem nou jou poppie en spasieer haar mooi teen die kant van die hoepel en werk stewig vas. Dis makliker as jy die naald agter haar kop insteek en daar vaswerk. Jy kan ook ‘n paar stekies maak in haar middel,maar die beentjies moet los hang.
win_20161206_16_02_54_pro
Volgende werk jy jou ster  mooi bokant haar vas. Kyk net hoe droomverlore staar Dingetjie na daai ster! (Onthou,as jy glinstergom gebruik het,moet jy wag tot dit heeltemal droog is.)
win_20161206_16_34_42_pro
Gaan nou terug na die lang stuk wol : maak ‘n stewige knoop wat op die hoepel. (kyk kiekie). Ryg ‘n funky kraal in en maak ‘n knoop ‘n paar cm bokant dit. Hang aan ‘n hanger vir venster versiering.

Was dit nou nie maklik nie? Ek weet sommer hierdie Kersfees hang daar in tientalle  vensters Wish upon a star versiersels!

En weet julle wat neurie ek ?

Dream a little dream of me…

Nota : Hierdie is my eie idee. Daar is links vir die poppie en ster patroon en dis gratis patroontjies. Kyk asb rond op die blogs vir hul moets en moenies.

Nota 2 : Vinnige hekeltermes :

Amerikaans    /      Afrikaans

sc  (single crochet)                            kortbeentjie

hdc   (half double crochet)             halwe langbeen

dc    (double crochet)                        langbeen

En hoe was die Spinasie / kaas rol toe?

Loer asseblief weer in en lewer kommentaar of wat jy neurie.

alleycat

Advertisements

Author: alleycatweb

writer,wife,mother,crafter

1 thought on “Wish upon a star”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s