Mmm… kom ons eet eers iets…

Hi there,

Dankie vir die inloer. Lewer gerus kommentaar,maar ons ken mos almal die drill. As jy oor enige iets anders gaan praat,behalwe oor die post,dan moet jy maar liewer nie saampraat nie. Reg so ? Mooi.

Vandag het ek nie ‘n tutorial nie,maar wel ‘n reseppie. Jip,ek kan kos ook maak. Kan net nie ‘n koek bak om my lewe te red nie.

Maar voor ons by die reseppie kom,eers dit. In my volgende post,doen ons ‘n hekel,recycled craft wat ek noem Wish upon a star. Jy sal ‘n paar goedjies nodig kry,soos ‘n mooi bol vrolike wol,’n hekelpen (natuurlik!),’n kraletjie (opsioneel),’n klein bietjie hekelgare,(enige kleur,maar verkieslik goud/silwer) en belangrik,iets rond,soos ‘n ou borduurring of so. Ek (met Hubby se hande!) het ‘n 5 liter kan in ringe gesny en toe mooi geknip sodat daar nie te veel skerp punte is nie.

 

win_20161124_10_55_33_pro
Jy kan tenminste vier / vyf netjiese ringe uit die bottel kry.

Susters (en broers),laat ons eet…

Hubby is ‘n Rasta,dus volg ons ‘n hoofsaaklik vegatariese leefstyl. Dis gesonder en dis nogal goedkoper,soms. In elk geval,ek was nooit regtig lief vir vleis of vis nie,so dis nie ‘n verlies vir my nie. Daughter Mine is natuurlik vry om genoemde vleis of vis te eet,hoofsaaklik hoender wat nie eintlik kwalifiseer nie. (Ha-ha,kiepie)

 

Spinasie/Kaas rol
Luister na Sweetness – Beres Hammond

As jou scones maar net nie soos die sister langsaan s’n wil lyk nie,het ek net die resep vir jou. Jy hoef nie te worry of dit gaan rys of nie,gaan bruin word of brand nie.

Jy benodig :

Drie koppies selfraising flour (500g)
‘n Koppie melk
Twee wieletjies feta kaas
‘n Koppie gerasperde cheddarkaas
Gaar spinasie
Knippie sout / spices (opsioneel)

So maak jy :
Maak die deeg aan soos vir  skons. Rol op ‘n meel bestrooide oppervlak uit (nie te dun nie). Probeer die deeg in ‘n vierkant sny. Breek die feta kaas in kleiner stukke en meng goed saam met die cheddar en spinasie. Skep lepelsvol van die mengsel oor die lengte van die deeg en rol om. Herhaal totdat die mengsel op is. Moenie te veel van die mengsel skep nie,anders gaan dit langs die kante uitpeul. Verseël die rol met ‘n nat vurk. Sny in skywe en plaas styf langs mekaar in ‘n gesmeerde bakplaat. Verf melk met ‘n kwassie oor die snye. Bak tot gaar en goudbruin.

Tips :
Gebruik óf sout óf spices. Nie altwee nie,anders is jou deeg te sout.
Spinasie/kaas rol is lekker warm of koud by kamertemperatuur. As jy dit in die mikrogolf oond warm maak,gebruik die ‘Defrost’,anders word dit hard pleks van net warm.

Ek is al jare lank besig met ‘n resepte-boek (Dis ek daai,ek doen dinge in j-a-a-r-e),getitel Pass da pizza en da pasta en soma da veggies. Die reseppie is enetjie uit daai ongepubliseerde boekie en skuus,hoor,maar daar’s ‘n gebrek aan kiekies. Gaan bak en brou en laat my weet hoe dit smaak. Bo-aan kan jy sien,ek stel sommer die musiek ook voor. Jy kan natuurlik luister net wat jy wil;vandag neurie ek steeds I’ve got a name.

Weereens dankie vir die inloer. Onthou,volgende keer,doen ons daai Wish upon a star! Kry al jou goedjies naby,

alleycat

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Author: alleycatweb

writer,wife,mother,crafter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s