Hoe om die kruissteek te hekel

Hello!

Dankie vir die inloer en rondloer en saamdraf! 😄. Ek dink ek begin nou die hang van blogging kry. Min of meer. Ek wonder of ek maar kan aankondig dat ek ‘n blogger is. (Moenie die l vergeet in blogger nie,hoor? Dan is dit ‘n heel ander woord met ‘n heel ander betekenis.)

Baie,baie dae gelede,het ek belowe ek gaan ‘n patroon uit ‘n baie ou boek deel met julle. Vandag is daardie dag. Maar wees gewaarsku,dis feitlik net foto’s (en julle wil nie weet tot watter uiterstes ek gegaan het vir die kiekies nie!)

Nota : Let wel,hierdie is nie my patroon nie. Dis ‘n patroon uit die boek ‘The Complete book of Crochet’ deur Elizabeth L.Mathieson. Van julle sal onthou dat ek my self omgesukkel het met die titel van die boek. Ha-ha. Ek deel hierdie patroon met julle omdat dit ‘n Amerikaanse boek is en ek weet,talle Afrikaansprekende hekelsusters (-en broers) verstaan g’n kop of stert van die terminologie nie. 

Die kruissteek is een van my persoonlike gunstelinge. Dis lekker oop vir tjalies of wraps veral en Somerserpies. Jy kan dit ook in panele hekel en mix en match met ander blokke/panele vir ‘n kombers. Dit gaan nie baie warm wees nie,maar dit gaan mooi wees!

My voorbeeld is gedoen in Mirage met ‘n nr 4 hekelpen. Voor jy met jou projek begin,rol ‘n bietjie wol af en werk daarmee tot dit vir jou reg lyk. Probeer ook verskillende grotes hekelpenne. Moenie ‘n te dik pen by te dun wol gebruik nie,dan lyk die steke onnet. Vind ‘n goue middeweg. Charity DK (dis gewone akriel) en ‘n nr 5 pen werk gewoonlik vir my vir hierdie steek.

win_20161109_12_04_24_pro
Begin met ‘n veelvoud van twee. Ek het met twintig kettingsteke begin
win_20161109_12_11_34_pro
Slaan draad twee maal om pen en haak in vyfde kettingsteek vanaf hekelpen. Dis jou eerste steek.
win_20161109_12_44_39_pro
Maak  jou steek soos jy gewoonweg sou hekel. Al verskil is,jy het nou vier lussies op jou pen
win_20161109_12_46_12_pro
Slaan draad om pen en trek deur twee lussies. Nou het jy drie op jou pen
win_20161109_12_48_27_pro
Trek deur lussies totdat daar slegs een lussie oor is. Soos in foto. Dis ‘n dubbelslag langbeensteek. *Hekel drie kettingsteke.  Slaan nou drie kettingsteke oor en maak ‘n dubbelslaglangbeensteek in die volgende twee kettingsteke. Herhaal van * tot by die einde.
win_20161109_13_03_26_pro
Jou stukkie werk moet so lyk,met agt dubbelslaglangbene. Maak een kettingsteek en draai.

 

 

win_20161109_13_04_00_pro
*Een kortbeen in elk van die volgende twee steke,drie kettingsteke. Herhaal van * tot einde. Draai.
win_20161109_13_09_31_pro
Hekel vier kettingsteke en maak ‘n dubbelslaglangbeen in die tweede kortbeentjie van die vorige ry,hekel drie kettingsteke en maak ‘n dubbelslaglangbeen in die volgende kortbeentjie. In die volgende kortbeen,begin met ‘n dubbelslaglangbeen,moenie voltooi nie
win_20161109_13_10_15_pro
In volgende kortbeen (na spasie),maak ‘n gewone langbeen. Kyk foto.
win_20161109_13_11_31_pro
Trek deur al die lusse op die pen totdat daar slegs een lus oor is. Maak drie kettingsteke en nou kom die tricky part...
win_20161109_13_12_30_pro
Steek die pen deur die ‘kruis’ van die twee steke en voltooi die langbeen.
win_20161109_13_11_11_pro
So
win_20161109_13_12_56_pro
‘n Netjiese kruisie.
win_20161109_13_13_48_pro
In die volgende kortbeen,maak jy ‘n gewone dubbelslaglangbeen,dan drie kettingsteke en een dubbelslaglangbeen in die volgende kortbeen en een in die draai-ketting.
win_20161109_13_14_19_pro
So gaan jou voorbeeldjie lyk en so…

 

win_20161109_09_19_44_pro
lyk die boek The Complete Book of Crochet deur Elizabeth Mathieson.  Ek het hierdie boek in ‘n hospice winkel gevind,so ek twyfel of dit nog in sirkulasie is. Maar glo my,ek het al van die patrone en items op websites gesien;dis net baie meer modern.

Nou,dit was die lang beloofde tutorial. Ek hoop dis duidelik genoeg. Enige vrae sal ek so ver as moontlik so duidelik as moontlik probeer beantwoord. En as ek nie weet nie,wel daar’s ‘n hele internet vol antwoorde!

Baie dankie vir die inloer en saam hekel. Natuurlik doen ons dit weer. Vandag neurie ek ‘Ï’ve got a name’ van Jim Croce.

alleycat

 

 

Advertisements

Author: alleycatweb

writer,wife,mother,crafter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s