Agteros kom ook in die kraal (miskien)

Hello daar,

dankie vir die inloer. Ek sien ek het  vroeg Oktober laas iets geskryf. Weet julle hoekom is ek so laks? Die blog word nog nie deur die search engines opgetel nie! So,nou timmer en skaaf ek stuk-stuk en ek is baie bly vir enige iemand wat deur een of ander vloekskoot hier lees. (Dis nou behalwe ek).

Ek is baie jammer dat ek nog nie met tutorials kon begin nie. Ek is besig om my hulpmiddels uit te werk,want ek weet foto’s wys soveel meer as woorde.

Ek deel egter solank hierdie projekkie

Die fransiena-handsakkie is ‘n oulike bykomstigheid,net groot genoeg vir jou foon,’n paar snesies en ‘n lipstiffie/lipglans en ‘n klein beursie.

Ek het hierdie handsakkie gehekel met een bal heldergeel Mirage (100g) en het ‘n nr 4 hekelpen gebruik vir mooi stewige steke. Daar is ‘n knopie vir vasmaak,dit wys nie op die foto nie. Eintlik is dit ‘n kraal wat gecozy is.

Ek het begin deur eers die ‘crocodile stitch’ gedeelte te hekel. (Kyk gerus op youtube vir ‘n video.) Daarna het ek my werk gedraai en weer begin by die beginketting met ‘n glipsteek. Ek het reg rondom twee halwe langbene in elke kettingsteek gehekel (vir ‘n bietjie breedte) en gelas by die eerste kettingsteek. Daarna het ek omtrent agt rye gehekel (in spiraal,dws. sonder om met ‘n glipsteek te las.). Ek het dit aan die binnekant vasgehekel met kortbeentjies (of jy kan dit vaswerk,natuurlik). Vir die bokant,het ek die wol weer vasgeheg en twee rye halwe langbene gedoen. Hekel of werk enige openinge netjies toe en werk die los drade weg. 

 

 

fransiena
fransiena

Ongelukkig kan ek nou nie presies beskryf hoe ek die handvatsels gedoen het nie. Dis hoekom ek meen foto’s gaan baie beter werk. Maar ek wil graag opmaak vir my gebrek daaraan,dis hoekom ek die projekkie deel. Dis verspot maklik. Ek het slegs die middel ‘ge-crocodile’,want ek is maar stram om handsakke te line. Die halwe langbene vorm ‘n lekker digte tekstuur. Jou goedjies sal glad nie uitval nie.

Jy’s absoluut vry om hierdie handsakkie te maak.  Maak dit sommer in vrolike kleure. Ek dink dit sal ‘n baie oulike Kerskous-vullertjie wees.

Ek neurie sommer ‘Take me out to the ballgame’. Lyk my dis ‘n baie outgoing handsakkie!

Ons gesels weer,daarom moet jy weer inloer,

alleycat

Advertisements

Author: alleycatweb

writer,wife,mother,crafter

1 thought on “Agteros kom ook in die kraal (miskien)”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s